Language 

Updates  | Medjugorje[EN]  | Messages  | News & Articles[EN]  | Videos[EN]  | Pictures[EN] | Site Map  | About[EN]

www.medjugorje.ws » PDA version » Our Lady of Medjugorje Messages » Our Lady of Medjugorje Messages containing 'volheid'

Our Lady of Medjugorje Messages containing 'volheid'

Total found: 4
Liewe kinders, ook vandag wil ek vir julle almal uitnooi om te bid, laat die gebed lewe vir julle is. Liewe kinders, gee tyd aan Jesus alleen en Hy sal alles gee wat jy soek. Hy sal homself in alle volheid aan julle openbaar. Liewe kinders, Satan is sterk en beloert elkeen van julle om hom of haar te bekoren. Bid, dan sal hy jou nie kan skaad en jy ook nie stop op die pad na die heiligheid. Liewe kinders, maak elke dag soveel moontlik vordering in die gebed tot God. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.
Laat jou keuse op die paradys val. Daartoe nodig Ek julle vandag almal uit. Die pad is moeilik vir diegene wat nie vir God gekies het. Liewe kinders, neem 'n besluit en geloof dat God hom in sy hele volheid aan julle gee. Julle word geroep en julle moet gehoor gee aan die oproep van die Vader wat julle via My nooi. Bid, want in die gebed sal elkeen van julle die volmaakte liefde kan bereik. Ek seën julle en Ek wil elkeen van julle onder my moederlike mantel beskerm.
Liewe kinders, Ek nodig julle uit tot oorgawe aan God. In hierdie tyd verlang Ek spesiaal dat julle afstand doen van die dinge waaraan julle geheg is en wat jou geestelike lewe skade doen. Liewe kinders, kies geheel en al vir God en staan Satan nie toe in jou lewe binne te kom deur die dinge wat julle en jou geestelike lewe verkeerd berokken. Kinders, God bied hom in sy volheid aan julle aan. Julle kan Hom slegs ontdek en leer ken in die gebed. Besluit daarom tot die gebed.
Liewe kinders, ek verheug my met julle en in hierdie tyd van genade nodig ek jou uit tot geestelike vernuwing. Bid, my liewe kinders, sodat die Heilige Gees in volheid in julle mag woon, sodat jy met blydskap kan getuig teenoor almal wat ver van die geloof verwyder is. Bid veral, liewe kinders, om die gawes van die Heilige Gees, sodat jy elke dag en in elke situasie in die gees van die liefde nader aan jou naaste mag wees en in wysheid en liefde elke probleem kan oorkom. Ek is met julle en spreek vir elkeen van julle ten beste by Jesus. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.
To compare Medjugorje messages with another language versions choose

 

PC version: This page | Medjugorje | Apparitions[EN]  | Our Lady of Medjugorje Messages  | Medjugorje News & Articles[EN]  | Pictures & Photos[EN]  | Medjugorje Videos[EN]