Language 

Updates  | Medjugorje[EN]  | Messages  | News & Articles[EN]  | Videos[EN]  | Pictures[EN] | Site Map  | About[EN]

www.medjugorje.ws » PDA version » Our Lady of Medjugorje Messages » Our Lady of Medjugorje Messages

Our Lady of Medjugorje Messages

Ek verlang om julle van dag tot dag met heiligheid, goedheid, gehoorsaamheid en liefde tot God te beklee, sodat julle van dag tot dag mooier word en beter in staat is julle God te ontvang. Liewe kinders, luister na my boodskappe en leef daarvolgens. Ek wil julle begelei.
Alle dinge het hul tyd. Vandag nodig Ek julle uit aan jou hart te gaan werk. Tans is die werk op die veld afgelope. Julle vind die tyd om die mees verwaarloosde plekke skoon te maak, maar julle gee geen aandag aan jou hart. Werk meer om nou elke verborge hoek van jou hart met liefde te reinig.
Ek nooi julle weer uit die boodskappe vir die gemeente na te lewe. Ek nodig veral die jeug van hierdie gemeente uit om dit te doen. Liewe kinders, as julle die boodskappe nakom sal julle die nageslag van die heiligheid doen ontkiem. As Moeder Ek roep julle almal op tot heiligheid, sodat julle hierdie aan ander kan oordra. Julle is 'n spieël vir die ander.
Dank God vir alle barmhartigheid wat Hy julle gegee het. Dank die Here vir alle vrugte en prys Hom. Liewe kinders, jy moet leer om Hom te bedank vir die klein dinge, alleen dan kan jy Hom bedank vir die grote.
Ek dank julle vir alle gebede en vir alle offers.
Liewe kinders, Ek haas my om julle dit te sê: Leef volgens die boodskappe wat Ek julle gee en beoefen veral die vas, omdat julle danksy die vas sal verkry dat God se plan vir Medjugorje slaag. So sal julle vir My 'n groot vreugde berei.
Vandag nodig Ek julle uit om nederig alle boodskappe na te lewe wat Ek julle gee. Liewe kinders, word nie trots op die feit dat julle die boodskappe nakom. As julle dit in jou hart dra en hulle in praktyk bring, sal almal dit verneem. Daar sal geen woorde nodig is. Hulle moet net herhaal word vir diegene wat nie luister nie. Dit is vir julle nie nodig het met woorde te sê. Julle getuienis is jou eie lewe.
Tot Marija, op die Krizevac, vóór die viering van die fees van Kruisverheffing, die dag van die grootste pelgrimstog van die jaar:
Mag die kruis in hierdie dae in die middelpunt van jou lewe staan. Bid veral gekniel voor die kruis, die bron van groot barmhartigheid. Wyd jy nou tuis spesiaal aan die kruis toe. Beloof nóg Jesus nóg die kruis te beledig nie en ook nie te vloek.
Ek dank julle vir al jou gebede. Bid sonder ophou. Bid meer. So sal Satan uit hierdie plek uit verdryf word. Liewe kinders, die plan van Satan is misluk. Bid sodat die plan van God in hierdie gemeente verwesenlik word. Ek dank spesiaal die jeug vir die offers wat hulle gebring het.
Liewe kinders, Ek nodig julle spesiaal uit om te bid, want Satan wil homself van die vrugte van julle wingerde bedien. Bid dat hy daar nie in slaag. Waarskuwing teen die materialistiese atmosfeer, omdat sommige die druiwe baie duur aan die pelgrims begin te verkoop.
Vandag wil ek vir julle sê dat die Here julle op die proef gaan stel. God onderwerp julle aan 'n beproewing in jou werk van alledaagse. Dus bid nou om elke beproewing rustig te oorkom. Stel jou ten spyte van alle probleme wat die Here toelaat steeds meer oop vir God en gaan Hom met meer liefde tegemoet.
To compare Medjugorje messages with another language versions choose
<<Previous  1 ... 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 ... 35 Next>>

 

PC version: This page | Medjugorje | Apparitions[EN]  | Our Lady of Medjugorje Messages  | Medjugorje News & Articles[EN]  | Pictures & Photos[EN]  | Medjugorje Videos[EN]